Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "laaste herhinneringe aan magdaleen" deur GERT VLOK NEL
"laaste herhinneringe aan magdaleen" deur GERT VLOK NEL [boodskap #16143] So, 12 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
laaste herhinneringe aan magdaleen
Gert Vlok Nel

toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.

ek het gesę " as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam.vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)

"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.

"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesę in wind,wind,wind.

jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)

nou lę al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)

"ek moet vir jou" iets sę sę jy.

"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.

ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar

daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking, geld, vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)

ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesę teen skemer.

toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n węreld van verworwe grense & verkende taiga.

"ek wil vir jou" iets sę sę jy in my hare. "moenie asseblief."

jy't getrou met i man, van sanlam, ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap, die wasgoed het my aangerand.

konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.

vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui

en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou..."
nie lief nie
sę jy.
Vorige onderwerp: "Ek is 'n Volstruis" deur MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: "Seekoevlei" deur N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 07:21:24 MGT 2024